PRODUKTE

Lyfbederf

Lyfskroprome ‘n Opbou van dooie selle kan jou vel dof laat lyk.  Hernu jou vel natuurlik met hierdie eenvoudige lyfskroprome vir soepelheid en gladde voorkoms.

Lyfrome Hierdie lyfrome het ‘n ligte bestandigheid geskik vir normale en droë vel in die somer omdat die produk ligter op die vel voel en baie maklik geabsorbeer word.

Lyfbotter Net die ding om die vel te voed, dit bied uitstekende beskerming in baie droë weerstoestande asook kwaai winters.  Olyfolie help om die produk selfs meer luuks te maak.

MasseerBalsem Masseerbalsems is makliker om mee te reis as olie (dit sal nie uitlek nie) en is steeds glibberig genoeg vir masseer, sommer om die vel olierig te laat.  Ook wonderlik vir droë, skilferige vel, asook voete en elmboë.

Masseer en Badolies Hierdie olie kan vir aromaterapie-masserings of -badolies gebruik word.  Voeg 5ml by ‘n warm bad vir ‘n terapeutiese aromaterapie-tuisbehandeling.

Hand en voet bederf

Handskroproom Jou eie spa-manikuurbehandeling tuis!  Palmarosa en laventel – etriese olies het velvernuwende eienskappe terwyl roosmalva vars en rosig is en in baie velsorgvoorbereidings gebruik word.

Handeroom ‘n Ryk formule om droë vel mee te behandel, die naels te versterk en die hande sag en syagtig te hou.

Naelvelolie Soetamandel- en neem-olie versag en bevogtig die vel rondom die naels, terwyl dit die naelvelletjies voed.  Laventel-, teeboom- en roosmalva- etriese olie beskik oor antifungale eienskappe, wat aansteeklike naeltoestande kan help voorkom.

Voetweek Koeksoda versag die water en roosmaryn-, laventel- en teeboom- etriese olie gee swaminfeksies ‘n goeie opstopper.  Hierdie voetweek is perfek vir harde, droë vel en gebarste hakke of net eenvoudig om moeë voete te streel na ‘n dag se harde werk.

Voetskroproom Gebruik na voete in die voetweek geweek is. Droog jou voete met ‘n handdoek af en masseer die growwe vel weg.Die skroproom is sagter as soutskroprome en kan op jou bene gebruik word.

Voetmasker Hierdie masker ruik absoluut fantasties. Koffie, kaneel en klei vorm die basis van hierdie voetbehandeling en die bestandele help om dooie selle te verwyder en skilfer ook terselfdertyd af.  Dis ‘n ietwat morsige prosedure maar beslis die moeite werd.

Voetroom Romerig, bevogtigend en vars!  Die voetroom kan ook gebruik word om die bene liggies te masseer (dit is veral nuttig om droë vel op die onderste gedeeltes van bene te beveg).  Groenment- etriese olie is lig, maar het ook ‘n wonderlike sensasie op die bene.  Dié etriese olie gee ‘n verfrissende geur.

Voetbehandelingsmasker Bevat voedende galambotter asook palmarosa- en lemoen- etriese olie, wat ‘n aangename vrugtige geur verskaf.  Wierook (wat van die gom of hars van ‘n klein afrika-struik onttrek word) word aangedui vir gebruik op baie droë vel en kan help om gebarste vel te genees en te herstel.

Haarbederf

Sjampoe Hierdie versterkende haarsjampoe het min sulfate en is sag op die kopvel. Jojoba-olie help om die hare te bevogtig en op te knap, terwyl roosmaryn en pepermint stimulerend en vars is.

Haarmasker Herstel jou pragtige lokke met hierdie eeue-oue repsep.  Die Indonesiërs maak ook tuisgemaakte haaropknappers en behandelings met kokosolie wat aan gelos word.  In die Victoriaanse en Edwardiaanse eras het dit so gewild geword om hare op te knap met opknappers wat aangehou word – dit is makasarolie genoem – dat huisvroue beskermende kleedjies oor die meubels gehang het om te voorkom dat die materiaal deur die olies verniel word.  Hierdie outydse dollies het as antimakassars begin bekend word.  As jy hierdie as ‘n oornagbehandeling wil gebruik, onthou om ‘n ou kussingsloop te gebruik.

Haarmasker Glinsterende Arganolie kom van Marokko.  Die olie, wat van die neute van ‘n woestynboom onttrek word, voed die vel en hare deur beskerming te bied en glans te verleen sonder om ‘n swaar neerslag agter te laat.  Jojoba-olie kan gebruik word om droë en olierige vel te balanseer en verleen ekstra vog aan die kopvel en haarsakkies.  Die olie kan ook gebruik word as ‘n opknapbehandeling vir alledaagse gebruik.  Voeg ‘n paar druppels by skoon, droë hare en masseer liggies in die kopvel en die res van die hare in.  Kam deur met ‘n kam met growwe tande.

Spoelmiddel vir Blonde Hare Natuurlike haarspoelmiddels wat asyn bevat, kan help om ‘n neerslag van oormatige olie op die kopvel te verwyder, wat die hare sag en glansend laat.  Kamilletee is deur die eeue heen gebruik as ‘n tonikum en behandeling vir blonde of ligte hare, en kan ook help om voedingstowwe en lewenskragtigheid te verskaf.

Spoelmiddel vir Donker Hare Roosmaryn is ‘n uitstekende haartonikum  en word dikwels gebruik in haarbehandelings om die kopvel te stimuleer en haargroei te bevorder.

Badbederf

Badbruisballe Roosblare en roosmalva- etriese olie gee die bruisballe ‘n subtiele roosgeur.  Die pers laventelblommetjies lyk ook baie mooi.

Badsmeltsels Kakaobotter is die olie van die kakaoboon wat koud gepers is.  Dis ideaal  en saam met kokosolie, is dit ‘n baie intense behandeling vir droë vel.  Dit is ‘n spesiale badlekkerte met ylang-ylang-, patchouli- en laventel- etriese olies om die liggaam, siel en gees te  kalmeer en te laat ontspan.

Badkristalle vir Seer Spiere Engelse sout- (magnesiumsulfaat-) baddens help om spierspanning te verlig deur suur-afval deur die velporieë uit die spiere en gewrigte te trek.  Hierdie spierweekbehandeling help regtig om spanning van moeë en oorwerkte spiere, veral sportverwante spierstyfheid te verlig.

Badkristalle Teen Griep Engelse sout kan ook gebruik word om seer spiere, wat gewoonlik die begin van griep is, te laat ontspan.  Die etriese olies in hierdie badkristalle wat die immuniteit stimuleer, sal die simptome van verkoues en griep verlig, onthou, rus en herstel is baie belangrik wanneer jy probeer om van verkoue en griep ontslae te raak.

Sojamasseerkerse Soja-kerswas is afkomstig van die sojaboon.  Die sojawas is ongelooflik voedend vir die vel en kan gebruik word om droë vel te bevog en te behandel.  Hierdie resep bevat ontspannende olies om jou te help afskakel en van stres ontslae te raak.  Gebruik dit na jou badbehandeling om jou vel te bevog.

Badmelk Die egiptiese Kleopatra het in melk gebad om haar vel sag en syagtig te hou. Die melkpoeier en koeksoda versag die water, terwyl die lemoen-, lemoenbloeisel- en laventel- etriese olie strelende en ontspannende eienskappe bevat.

Gesigbederf

Melkreiniger Hierdie sagte reiniger kan gebruik word om grimering te verwyder en die gesig skoon te maak.

Gesigverfrisser Die hamamelis het sametrekkende eienskappe wat help om die vel kleur te gee en te verfris.

Arbeimasker Aarbeie bevat baie vitamien C en is ‘n wonderlike manier om jou vel te laat gloei en met natuurlike vrugtesure af te skilfer

Kaolienkleimasker Is ‘n uitstekende natuurlike mineraalpoeier wat ryk is aan kieselaarde, magnesium, yster en sink.  Hierdie masker behandeling kan vir normale of olierige veltoestande gebruik word. Die kaolienklei verbind met die dooie selle en help om oortollige olie te verwyder. Hamamelis het sametrekkende eienskappe wat kan help om groot porieë te verklein en is doeltreffend vir die behandeling van aknee deur ‘n strelende uitwerking op die vel te hê.

Behandelingsmasker Die kombinasie van die watergebaseerde draerjel en die olies maak hierdie masker ideaal vir vel wat bevogtiging kort. Dit is geskik vir normale, droë of kombinasievel.

Balanseerende Gesigroom Met jajoba olie (wat bekend is vir sy vermoë om met die vel se eie sebum te meng) en antimikrobiese en velstrelende teeboom-, sandelhout- en roosmalva etriese olies.

Verfrissende Gesigroom Vernuwend en verfrissend vir die vel.  Met bygevoegde wortelolie (wat ryk is aan oksidante) en lemoenbloeiselolie.

Naskeerbalsem vir Mans Manlike geure, sandelhout- en sederhout- etriese olies, maak dit ‘n gewilde mengsel vir ‘n strelende naskeerbalsem. Laventel etriese olie help om velirritasie tot bedaring te bring en word ook gebruik vir sy vernuwende eienskappe.

Oogroom Hierdie strelende oogjel is geskik om die vel rondom die oë te verfris.

Baba en kinder bederf

Bababoudjieroom Die sinkoksied en laventel etriese olie help om die vel te laat genees en word aanbeveel om op veluitslae en -irritasies te gebruik. Byewas en kasterolie help om ‘n natuurlike beskermingslaag op die vel te vorm.

Kamersproei vir Baba ‘n Kalmerende en sagte geur om baba se kamer skoon en vars te laat ruik. Dit kan ook op materiaal as ‘n verfrisser gespuit word.

Kamersproei vir Maklike Asemhaling Spuit hierdie aromatiese lugverfrisser in baba se kamer wanneer die baba se neus toe is of die baba verkoue of griep het. Bloekom etriese olie word dikwels in alternatiewe medisyne ingesluit om die immuunstelsel ‘n hupstoot te gee en sandelhout etriese olie kan help om respiratoriese infeksies te verlig.

 Badsout in baldadige kleure (kinders)

  • Die groen spirulina kleur sak af na die houer se bodem, skud goed en die kleur sal na normaal toe terugkeer.
  • Die natuurlike borrie geel met sielverhefende en strelende lemoen-, naartjie- en romeinse kamille- aromaterapeutiese olie help om balans te skep.
  • Pienk sout van die himalaja wat oor reinigende en genesende eienskappe beskik. Laventel, ylang-ylang het ‘n sagte blomagtige geur asook ‘n ontspannende, kalmerende uitwerking op die liggaam.

Huis en lyfhulp

Sojakerse Sitronella- en sitroengras- etriese olies is baie bekende insekweerders – veral muskiete en vlieë hou nie van die geur van hierdie etriese olies nie. Soja-kerswas is  afkomstig van die sojaboon.  Die sojawas is uiters voedend vir die vel en kan gebruik word om droë vel te bevog en te behandel. Die brandende kerse sal ook help om insekte in die vertrek af te weer.

Insek Weermiddel Die etriese olies in hierdie resep is bekende insekweerders. Spuit in die lug asook ‘n bietjie daarvan op jou lyf om insekte te help afweer. Sitronella olie is baie doeltreffend teen muskiete en word dikwels in kerse en spuitmiddels gebruik om hulle en vlieë op ‘n natuurlike manier weg te hou.

Warmsak Kan gebruik word deur die sak om jou nek en skouers te hang om stywe spiere te laat ontspan en spierpyne te verlig. Dis ook baie doeltreffend as ‘n verwarmende en pynverligtende hulpmiddel vir rugpyn en pms.

Wondontsmettingsmiddel Gebruik hierdie natuurlike wondontsmettingsmiddel met teeboom-, bergamot- en laventel aromaterapie olie om tweederangse wonde, snye en skrape skoon te maak en te ontsmet.

Mondspoelmiddel Heuning streel ‘n seer keel. Salie, appelwynasyn en teeboom word vir hul antibakteriese eienskappe gebruik en kan dalk help om te keer dat ‘n seer keel tot ‘n keelinfeksie ontwikkel.

Sonbrandjel Plaas die jel ‘n paar minute lank in die yskas voor jy dit aan songebrande vel aanwend. Die jel sal baie koud word en is baie strelend.

Vlekbeheerjel Hierdie jel kan aan puisies aangewend word om genesing te vergemaklik en inflamasie te behandel. Die teeboom- en laventel- etriese olie voorkom littekens en is bekend vir hul antibakteriese en strelende eienskappe. Propolis ekstrak (‘n bruin stof wat bye van die blare en bas van ‘n populier- en naaldebome versamel) is ryk aan antioksidante en genees wonde doeltreffend.

Room vir ‘n Droë Vel Bestry droë en jeukerige vel met hierdie genesende en strelende room. Die gousblomaftrekselolie help om velirritasie te streel. Laventel-, duitse kamille- en sandelwood- etriese olie is bekend vir hul kalmerende, genesende en anti-inflammatoriese uitwerking op die vel. Kliënte met ekseem en dermatitis kan die room ook gebruik. Onthou: Inflammatiese veltoestande is dikwels die resultaat van ‘n onderliggende toestand, en indien jou veltoestand nie verbeter nie, stel ek voor dat jy jou plaaslike naturopaat of homepaat besoek om die wanbalans in jou liggaam reg te stel.