GESIG BEDERF

  • GESIGPRODUKTE01
  • full screen slider
  • GESIGPRODUKTE03
GESIGPRODUKTE011 GESIGPRODUKTE022 GESIGPRODUKTE033
image carousel by WOWSlider.com v6.9

 

 

Lipbalsem 

Wend ‘n klein hoeveelheid aan die lippe soos benodig.

 

Melkreiniger – 250ml

Maak jou gesig met warm water nat en wend dan die melkreiniger aan die gesig en hals. Spoel af met warm water en wend die sagte gesigverfrisser en verfrissende gesigroom of balanserende gesigroom aan.

 

Gesigverfrisser – 250ml

Wend direk op skoongemaakte vel aan om kleur te gee en te verfris. Gaan voort met verfrissende/gebalanserende gesigroom of naskeerbalsem.

 

Gesig Arbeimasker vir Lewenskragtigheid – 1 Aanwending

Resep: Meng in voedsel verwerker tot dik genoeg is om aan die gesig te wend:

  • 1 Arbei,
  • 2.5ml Heuning,
  • 2.5ml Olyfolie en
  • 15ml Natuurlike gewone joghurt.
  • Voeg die poeier ook by.

Wend aan skoongemaakte vel en los 5 – 7 minute aan. Spoel liggies met warm water af om die masker te verwyder.

 

Diepreinigende en Afskilferende Gesig Kleimasker – 1 – 2 Aanwendings

Resep: Meng die droë bestandele saam. Gooi 15ml gefiltreerde water by. Maak seker die masker is nie te dik of te dun nie!

Wend aan skoongemaakte vel en laat droog word (tot 10 minute lank). Verwyder sagkens met warm water. Gebruik een keer per week vir normale vel, en tot drie keer per week vir aknee.

 

Gesig Behandelingsmasker – 50ml

Maak die vel skoon en liggies droog voor jy hierdie masker aanwend. Wend ongeveer 7,5ml aan die gesig en hals (jy kan ook die lippe en die area rondom die lippe en oë insluit). Laat die masker 10 – 15 minute lank in die vel intrek en spoel dan met louwarm water af om dit te verwyder. Wend gesigverfrisser dan gesigroom of naskeerbalsem vir mans aan.

 

Gesigroom – 50ml     

Soorte:

  • Balanserende
  • Verfrissende

Met ‘n bietjie word die hele gesig sagkuns gevoed.

 

Naskeerbalsem vir Mans – 50ml

Wend die balsam onmiddelik aan ná jy geskeer het.

 

Oogroom – 50ml

Wend ‘n klein hoeveelheid aan die area onder die oë voor jy jou dagroom aanwend.