BABA EN KINDER INLIGTING

Baba en kinder bederf

Bababoudjieroom Die sinkoksied en laventel etriese olie help om die vel te laat genees en word aanbeveel om op veluitslae en -irritasies te gebruik. Byewas en kasterolie help om ‘n natuurlike beskermingslaag op die vel te vorm.

Kamersproei vir Baba ‘n Kalmerende en sagte geur om baba se kamer skoon en vars te laat ruik. Dit kan ook op materiaal as ‘n verfrisser gespuit word.

Kamersproei vir Maklike Asemhaling Spuit hierdie aromatiese lugverfrisser in baba se kamer wanneer die baba se neus toe is of die baba verkoue of griep het. Bloekom etriese olie word dikwels in alternatiewe medisyne ingesluit om die immuunstelsel ‘n hupstoot te gee en sandelhout etriese olie kan help om respiratoriese infeksies te verlig.

 Badsout in baldadige kleure (kinders)

  • Die groen spirulina kleur sak af na die houer se bodem, skud goed en die kleur sal na normaal toe terugkeer.
  • Die natuurlike borrie geel met sielverhefende en strelende lemoen-, naartjie- en romeinse kamille- aromaterapeutiese olie help om balans te skep.
  • Pienk sout van die himalaja wat oor reinigende en genesende eienskappe beskik. Laventel, ylang-ylang het ‘n sagte blomagtige geur asook ‘n ontspannende, kalmerende uitwerking op die liggaam.