BAD BEDERF

  • BADPRODUKTE01
  • full screen slider
  • BADPRODUKTE03
BADPRODUKTE011 BADPRODUKTE022 BADPRODUKTE033
image carousel by WOWSlider.com v6.9

 

 

Badbruisballe

Geure:

  • Roos
  • Laventel
  • Lemoen

Gooi 1 badbruisbal in ‘n warm bad water of gebruik dit in jou voet spa vir ‘n ekstra lekkerte.

 

Badsmeltsels

Voeg 2 badsmeltsels by ‘n warm bad en dit sal in die badwater oplos.

 

Badseesout – 250ml

Geure:

  • Ontspan
  • Rooibos

Wenk: Probeer die badseesout in ‘n voetbad vir ‘n aromaterapie voetweekbehandeling. Jy sal steeds die wonderlike geur van die etriese olie hê, en die sout reinig en streel moeë voete. Ontspan en raak ontslae van spanning.

 

Badkristalle vir Seer Spiere – 250ml

Los 250ml van die badkristalle in warm water op en voeg by ‘n warm bad. Week ten minste 10 minute lank in ‘n warm bad aangesien stywe spiere en gewrigte goed op warmte reageer. Trek daarna warm, gemaklike klere of ‘n kamerjas aan en laat ‘n herstelperiode van ten minste 20 minute toe. Drink ten minste 2 glase water gedurende en/of ná jou spabadbehandeling. As jy aan gewrigsontsteking en/ of stywe gewrigte ly, is dit die beste om ná jou bad aan die beweeg te bly. Jy kan baat vind by matige strekoefeninge en oefeninge om die gewrigte te stimuleer. Onthou om daarna te ontspan.

 

Badkristalle teen Griep – 250ml

Los 250ml van die badkristalle in warm water op en voeg by ‘n warm bad. Week ten minste 10 minute lank in ‘n warm bad aangesien stywe spiere en gewrigte goed op warmte reageer. Trek daarna warm, gemaklike klere of ‘n kamerjas aan en laat ‘n herstelperiode van ten minste 20 minute toe. Geniet daagliks vir 3 dae ‘n spabadbehandeling en dan elke tweede dag tot die einde van die week.

 

 Sojamasseerkers – 250ml

Sodra die kers brand en ‘n bietjie was gesmelt het, doop jou vinger versigtig in die gesmelte was – pasop dat jy nie jou vinger in die vlam brand nie en vryf die vloeibare gesmelte was in jou vel in.

 

Skuimbad & Stortjels – 250ml

Geure:

  • Diep In Die Woud
  • Blomreike Fantasie

Met min word die lyf sagkuns gevoed.

 

Badmelk – 250ml

Geure:

  • Sitrus
  • Roos

Voeg ‘n hand vol badmelkweekpoeier by ‘n warm bad vir ‘n luukse badweeklekkerte.