HUIS EN LYFHULP INLIGTING

Huis Bederf

Sojakerse Sitronella- en sitroengras- etriese olies is baie bekende insekweerders – veral muskiete en vlieë hou nie van die geur van hierdie etriese olies nie. Soja-kerswas is  afkomstig van die sojaboon.  Die sojawas is uiters voedend vir die vel en kan gebruik word om droë vel te bevog en te behandel. Die brandende kerse sal ook help om insekte in die vertrek af te weer.

Insek Weermiddel Die etriese olies in hierdie resep is bekende insekafweerders. Spuit in die lug asook ‘n bietjie daarvan op jou lyf om insekte te help afweer. Sitronella olie is baie doeltreffend teen muskiete en word dikwels in kerse en spuitmiddels gebruik om hulle en vlieë op ‘n natuurlike manier weg te hou.

Warmsak Kan gebruik word deur die sak om jou nek en skouers te hang om stywe spiere te laat ontspan en spierpyne te verlig. Dis ook baie doeltreffend as ‘n verwarmende en pynverligtende hulpmiddel vir rugpyn en pms.

Lyfhulp Bederf

Wondontsmettingsmiddel Gebruik hierdie natuurlike wondontsmettingsmiddel met teeboom-, bergamot- en laventel aromaterapie olie om tweederangse wonde, snye en skrape skoon te maak en te ontsmet.

Mondspoelmiddel Heuning streel ‘n seer keel. Salie, appelwynasyn en teeboom word vir hul antibakteriese eienskappe gebruik en kan dalk help om te keer dat ‘n seer keel tot ‘n keelinfeksie ontwikkel.

Sonbrandjel Plaas die jel ‘n paar minute lank in die yskas voor jy dit aan songebrande vel aanwend. Die jel sal baie koud word en is baie strelend.

Vlekbeheerjel Hierdie jel kan aan puisies aangewend word om genesing te vergemaklik en inflamasie te behandel. Die teeboom- en laventel- etriese olie voorkom littekens en is bekend vir hul antibakteriese en strelende eienskappe. Propolis ekstrak (‘n bruin stof wat bye van die blare en bas van ‘n populier- en naaldebome versamel) is ryk aan antioksidante en genees wonde doeltreffend.

Room vir ‘n Droë Vel Bestry droë en jeukerige vel met hierdie genesende en strelende room. Die gousblomaftrekselolie help om velirritasie te streel. Laventel-, duitse kamille- en sandelwood- etriese olie is bekend vir hul kalmerende, genesende en anti-inflammatoriese uitwerking op die vel. Kliënte met ekseem en dermatitis kan die room ook gebruik. Onthou: Inflammatiese veltoestande is dikwels die resultaat van ‘n onderliggende toestand, en indien jou veltoestand nie verbeter nie, stel ek voor dat jy jou plaaslike naturopaat of homepaat besoek om die wanbalans in jou liggaam reg te stel.