HAND & VOET BEDERF

  • VOETPRODUKTE1
  • full screen slider
  • VOETPRODUKTE
VOETPRODUKTE11 HANDEPRODUKTE2 VOETPRODUKTE3
image carousel by WOWSlider.com v6.9

 

 

Handskroproom Afskilferende – 250ml

Week jou hande ongeveer 1 minuut lank in ‘n bak met warm water. Droog jou hande af. Wend 15ml handskroproom aan en masseer liggies in die hande en naelvelletjies. Spoel weer jou hande in die bak warm water af. Maak jou hande goed droog en wend dan naelvelolie aan.

 

Handeroom – 100ml

Wend aan skoon hande, en masseer in die naels vir ‘n bevogtigende handbehandeling.

 

Naelvelolie Bevogtigende – 10ml

Wend aan skoon hande en voete. Masseer liggies in die naelvelletjies.

 

Voetweek Ontspannende – 250ml

Voeg 50ml voetweekmengsel by warm water in ‘n voetbad en week jou voete ‘n paar minute lank. Droog jou voete met ‘n handoek af en gaan voort met die voetskroproom.

 

Voetskroproom Peppermint – 250ml

Week jou voete ongeveer 5 minute lank in ‘n voetbad met warm water. Droog jou voete af. Wend 15ml skroproom per voet aan en masseer liggies in jou voete in. Plaas jou voete weer in die voetbad om dit af te spoel. Droog jou voete met ‘n handdoek af (onthou: droog tussen jou tone af om swaminfeksies te voorkom) en wend voetroom aan.

 

Voetmasker Afskilferende met Koffie & Kaneel – 3 behandelings

Resep: Meng die droë bestandele met 50ml warm water en geur olies. Gooi bietjie vir bietjie water by en meng sodat dit ‘n gladde kleipasta dikte het. Maak seker dis nie te dun of te dik nie.

Week jou voete ongeveer 5 minute in ‘n voetbad met warm water. Wend aan skoon droë voete en laat 5 minute droog word. Om die masker af te haal week 2 doeke of waslappe in warm water en draai jou voete toe. Haal die masker af deur jou voete liggies af te vee. Maak seker dat masker heeltemal verwyder is. Alternatief: Berei ‘n voetbad met warm water voor en week jou voete daarin om die voetmasker te verwyder.

 

Voetroom – 250ml

Wend mildelik aan skoon voete, as ‘n bevogtende voetroom om droë en gebarste hake te voorkom.

 

Voetmasker vir Gebarste Hakke – 50ml

Week jou voete deur die verfrissende voetweek te gebruik. Droog voete deeglik af en wend ongeveer 5ml behandelingsmasker aan elke voet, deur dit in die voete te masseer. Draai elke voet in ‘n klein handdoek toe en laat die masker in die vel intrek. Los ongeveer 10 minute lank. Masseer óf die res van die masker in die voete óf vee enige oorblyfsels met die handdoek af as dit te olierig is.