HAAR INLIGTING

Haarbederf

Sjampoe Hierdie versterkende haarsjampoe het min sulfate en is sag op die kopvel. Jojoba-olie help om die hare te bevogtig en op te knap, terwyl roosmaryn en pepermint stimulerend en vars is.

Haarmasker Herstel jou pragtige lokke met hierdie eeue-oue repsep.  Die Indonesiërs maak ook tuisgemaakte haaropknappers en behandelings met kokosolie wat aan gelos word.  In die Victoriaanse en Edwardiaanse eras het dit so gewild geword om hare op te knap met opknappers wat aangehou word – dit is makasarolie genoem – dat huisvroue beskermende kleedjies oor die meubels gehang het om te voorkom dat die materiaal deur die olies verniel word.  Hierdie outydse dollies het as antimakassars begin bekend word.  As jy hierdie as ‘n oornagbehandeling wil gebruik, onthou om ‘n ou kussingsloop te gebruik.

Haarmasker Glinsterende Arganolie kom van Marokko.  Die olie, wat van die neute van ‘n woestynboom onttrek word, voed die vel en hare deur beskerming te bied en glans te verleen sonder om ‘n swaar neerslag agter te laat.  Jojoba-olie kan gebruik word om droë en olierige vel te balanseer en verleen ekstra vog aan die kopvel en haarsakkies.  Die olie kan ook gebruik word as ‘n opknapbehandeling vir alledaagse gebruik.  Voeg ‘n paar druppels by skoon, droë hare en masseer liggies in die kopvel en die res van die hare in.  Kam deur met ‘n kam met growwe tande.

Spoelmiddel vir Blonde Hare Natuurlike haarspoelmiddels wat asyn bevat, kan help om ‘n neerslag van oormatige olie op die kopvel te verwyder, wat die hare sag en glansend laat.  Kamilletee is deur die eeue heen gebruik as ‘n tonikum en behandeling vir blonde of ligte hare, en kan ook help om voedingstowwe en lewenskragtigheid te verskaf.

Spoelmiddel vir Donker Hare Roosmaryn is ‘n uitstekende haartonikum  en word dikwels gebruik in haarbehandelings om die kopvel te stimuleer en haargroei te bevorder.