BAD INLIGTING

Badbederf

Badbruisballe Roosblare en roosmalva- etriese olie gee die bruisballe ‘n subtiele roosgeur.  Die pers laventelblommetjies lyk ook baie mooi.

Badsmeltsels Kakaobotter is die olie van die kakaoboon wat koud gepers is.  Dis ideaal  en saam met kokosolie, is dit ‘n baie intense behandeling vir droë vel.  Dit is ‘n spesiale badlekkerte met ylang-ylang-, patchouli- en laventel- etriese olies om die liggaam, siel en gees te  kalmeer en te laat ontspan.

Badkristalle vir Seer Spiere Engelse sout- (magnesiumsulfaat-) baddens help om spierspanning te verlig deur suur-afval deur die velporieë uit die spiere en gewrigte te trek.  Hierdie spierweekbehandeling help regtig om spanning van moeë en oorwerkte spiere, veral sportverwante spierstyfheid te verlig.

Badkristalle Teen Griep Engelse sout kan ook gebruik word om seer spiere, wat gewoonlik die begin van griep is, te laat ontspan.  Die etriese olies in hierdie badkristalle wat die immuniteit stimuleer, sal die simptome van verkoues en griep verlig, onthou, rus en herstel is baie belangrik wanneer jy probeer om van verkoue en griep ontslae te raak.

Sojamasseerkerse Soja-kerswas is afkomstig van die sojaboon.  Die sojawas is ongelooflik voedend vir die vel en kan gebruik word om droë vel te bevog en te behandel.  Hierdie resep bevat ontspannende olies om jou te help afskakel en van stres ontslae te raak.  Gebruik dit na jou badbehandeling om jou vel te bevog.

Badmelk Die egiptiese Kleopatra het in melk gebad om haar vel sag en syagtig te hou. Die melkpoeier en koeksoda versag die water, terwyl die lemoen-, lemoenbloeisel- en laventel- etriese olie strelende en ontspannende eienskappe bevat.