HAND EN VOET INLIGTING

Hand en Voet bederf

Handskroprrom Jou eie spa-manikuurbehandeling tuis!  Palmarosa en laventel – etriese olies het velvernuwende eienskappe terwyl roosmalva vars en rosig is en in baie velsorgvoorbereidings gebruik word.

Handeroom ‘n Ryk formule om droë vel mee te behandel, die naels te versterk en die hande sag en syagtig te hou.

Naelvelolie Soetamandel- en neem-olie versag en bevogtig die vel rondom die naels, terwyl dit die naelvelletjies voed.  Laventel-, teeboom- en roosmalva- etriese olie beskik oor antifungale eienskappe, wat aansteeklike naeltoestande kan help voorkom.

Voetweek Koeksoda versag die water en roosmaryn-, laventel- en teeboom- etriese olie gee swaminfeksies ‘n goeie opstopper.  Hierdie voetweek is perfek vir harde, droë vel en gebarste hakke of net eenvoudig om moeë voete te streel na ‘n dag se harde werk.

Voetskroproom Gebruik na voete in die voetweek geweek is. Droog jou voete met ‘n handdoek af en masseer die growwe vel weg.Die skroproom is sagter as soutskroprome en kan op jou bene gebruik word.

Voetmasker Hierdie masker ruik absoluut fantasties. Koffie, kaneel en klei vorm die basis van hierdie voetbehandeling en die bestandele help om dooie selle te verwyder en skilfer ook terselfdertyd af.  Dis ‘n ietwat morsige prosedure maar beslis die moeite werd.

Voetroom Romerig, bevogtigend en vars!  Die voetroom kan ook gebruik word om die bene liggies te masseer (dit is veral nuttig om droë vel op die onderste gedeeltes van bene te beveg).  Groenment- etriese olie is lig, maar het ook ‘n wonderlike sensasie op die bene.  Dié etriese olie gee ‘n verfrissende geur.

Voetbehandelingsmasker Bevat voedende galambotter asook palmarosa- en lemoen- etriese olie, wat ‘n aangename vrugtige geur verskaf.  Wierook (wat van die gom of hars van ‘n klein afrika-struik onttrek word) word aangedui vir gebruik op baie droë vel en kan help om gebarste vel te genees en te herstel.