GESIG INLIGTING

Gesigbederf

Melkreiniger Hierdie sagte reiniger kan gebruik word om grimering te verwyder en die gesig skoon te maak.

Gesigverfrisser Die hamamelis het sametrekkende eienskappe wat help om die vel kleur te gee en te verfris.

Arbeimasker Aarbeie bevat baie vitamien C en is ‘n wonderlike manier om jou vel te laat gloei en met natuurlike vrugtesure af te skilfer

Kaolienkleimasker Is ‘n uitstekende natuurlike mineraalpoeier wat ryk is aan kieselaarde, magnesium, yster en sink.  Hierdie masker behandeling kan vir normale of olierige veltoestande gebruik word. Die kaolienklei verbind met die dooie selle en help om oortollige olie te verwyder. Hamamelis het sametrekkende eienskappe wat kan help om groot porieë te verklein en is doeltreffend vir die behandeling van aknee deur ‘n strelende uitwerking op die vel te hê.

Behandelingsmasker Die kombinasie van die watergebaseerde draerjel en die olies maak hierdie masker ideaal vir vel wat bevogtiging kort. Dit is geskik vir normale, droë of kombinasievel.

Balanseerende Gesigroom Met jajoba olie (wat bekend is vir sy vermoë om met die vel se eie sebum te meng) en antimikrobiese en velstrelende teeboom-, sandelhout- en roosmalva etriese olies.

Verfrissende Gesigroom Vernuwend en verfrissend vir die vel.  Met bygevoegde wortelolie (wat ryk is aan oksidante) en lemoenbloeiselolie.

Naskeerbalsem vir Mans Manlike geure, sandelhout- en sederhout- etriese olies, maak dit ‘n gewilde mengsel vir ‘n strelende naskeerbalsem. Laventel etriese olie help om velirritasie tot bedaring te bring en word ook gebruik vir sy vernuwende eienskappe.

Oogroom Hierdie strelende oogjel is geskik om die vel rondom die oë te verfris.