ANDER BEDERF

  • ANDER 1
  • full screen slider
  • MASSEERKERS
ANDER 11 INSEKWEERDERS2 MASSEERKERS3
image carousel by WOWSlider.com v6.9

 

 

Sojakers met Sitronella – 250ml

Masseer van die gesmelte kerswas aan jou bene en arms as ‘n doeltreffende muskietafweerder wanneer jy kamp of saans buite sit.

 

Insek Weermiddel – 250ml

Skud goed voor gebruik. Spuit in die vertrek om muskiete en insekte af te weer. Spuit liggies op die arms en bene om muskiete weg te hou.

 

Warmsak

Verhit die ryssak (sonder die beskermende oortreksel) vir 4 minute op hoog of volle krag in die mikrogolfoond. Plaas die verhitte sak in sy beskermende oortreksel. In die winter gebruik die sak vir masseer (as ‘n verhittingshulpmiddel vir spierpyne, pyne en ontspanning), ongeveer drie keer per dag. Die buitenste beskermende oortreksel (of sak met ‘n intrekband) moet gewas word wanneer dit begin vuil raak. Jy kan ook die warmsak in papier handdoek of sneespapier toemaak as jy nie hitte direk op jou vel wil plaas nie (en jou vel olie of room op het). Dit handhaaf higiëne en voorkom dat die beskermende oortreksel te vining vuil word.

 

Linnesproei – 250ml

Spuit direk op linne vir ‘n wonderlike laventelgeur. Belangrik: Spuit 15cm van line af as dit dalk die linne kan vlek.

 

Kamersproei – 250ml

Skud goed voor gebruik. Spuit die vertrek om die lug te verfris en ‘n vars geur deur jou hele huis vry te stel.